2002-04 Wheatstone Bi-centennial celebrations
New York, NY.
1998-02-05 Boeremusiekaand in Benoni
Kaptein John Driver, 'n reservis van die S.A. Polisie en sy span
helpers het vir ons 'n pragtige aand gereël. Hierdie pragram
was 'n deel van die feesvieringe van die Polisie se herdenking
van hul 75-jarige bestaan. Generaal F. Reynecke, van die Polisie,
die burgemeester van Benoni, raadslid A. Brabble en Piet Bester
het as sprekers opgetree.
Eienaardig - dis raar maar waar - die meeste van ons eertydse
en huidige eksponente van Tradisionele Boeremusiek, asook verskeie
komponiste daarvan, kom vanaf Benoni en die Oos-Rand!
Toekennings en aandenkings is aan hierdie mense gegee deur generaal
Reynecke en die burgemeerster waarop hulle nommers deur luitenant
Hansie Roodt en orkes gespeel is. Sommige van hierdie ou pioniers
- waaronder oom Chris Buys - het self nog opgetree en die klavier
lustig getokkel!
Die volgende kunstenaars het toekennings ontvang:
Postuum toekenning aan Hans Bodenstein wat deur sy dogter, mevrou
Magriet Smit ontvang is. Dan was daar Carolina Leeson, Chris Buys,
Gerrie Snyman, Cissie Cooper, Willie Bauscher, Anna Mey, Tiny
Mey, Nic Potgieter, Manie Bodenstein, Jan Henning, Seun Coetzee
en Danie Barnard.

Gerrie Snyman het 'n toekenning ontvang
Danie Barnard wat ook 'n toekennig ontvang het

Seun Coetzee en Jan Henning met hulle toekennigs
Vriende, ek wens dat julle hierdie pragtige ou mensies daardie
aand kon gesien het! Daardie blossende gesigte, daardie lieflike
glimlaggies, die sterretjies in die oë, die vriendelikheid,
die welwillendheid en ag, hulle het almal sommer net gestraal
van geluk. Nou het John Driver erkenning aan hierdie mense verleen
en duisende Afrikanerharte oor die lengte en breedte van ons pragtige
Suid-Afrika weer warm laat klop met hierdie grootste gebaar van
hom!
Luitenant Danie Smuts, die bekende omroeper, was die seremoniemeester.
1986-06-20 Tradisionele Boeremusiekaand
Op 20 Junie 1986 is 'n Tradisionele Boeremusiekaand in die Jack
Botessaal, Pietersburg gehou en het deel gevorm van Pietersburg
se Eeufeesvierings. Die verrigtinge was 'n groot sukses en van
die bekende kunstenaars wat opgetree het is as volg: Manie Bodenstein,
Hansie Roodt, Solly Marais, Stef Lategan, Stephaan van Zyl, Corrie
Badenhorst, Danie Labuschagne, Danie Grey, Frans Smit, Ina Wiegand,
Chris le Roux, Rudolph Pretorius, Willie Brandt, Vingers van Heerden,
Bennie Raubenheimer, Freek du Toit en Piet Bester.
Die aand is met skriflesing en gebed geopen deur Professor Hennie
van der Westhuizen en Willie Brandt was die seremoniemeester terwyl
Hennie Klopper van die SAUK die verwelkoming en bedankings gedoen
het. Lourens Aucamp het 'n pragtige toespraak gelewer en baie
vriende gemaak.
Die musiek- en sangnomme was van hoogstaande gehalte en dit het
enige boer se hart laat bollemakiesie slaan!
Ds. Piet van der Merwe het ook 'n pragtige toespraak gemaak namens
die Afrikaner Volkswag en het agt oorkondes aan die volgende persone
oorhandig wat groot bydraes tot ons Tradisionele Boeremusiek gemaak
het:
| Carolina Leeson |
Cissie Cooper |
| Kosie Landman |
Danie Labuschagne |
| Ds. Lourens Aucamp |
Bobby Pennels |
| Manie Bodenstein |
Piet Bester |
Dit was 'n onvergeetlike aand en sommige aanhangers het trane
in hul oë gehad. Die agbare burgemeester, raadslid Hennie
van Vuuren en sy gade, asook die stadsklerk en ander hoogwaardigheidsbekleërs
het die aan saam geniet.
Die Bosveld Auto Klub het Cissie Cooper en Kosie Landman na die
pragtige saal vervoer in hulle mooiste veteraanmotors en hulle
was luid toegejuig met hulle aankoms.
U word uitgenooi om nuus of biografiese inligting van persone
en orkeste by te voeg Vandag se algemene kennis en allerdaagse
gebeurenis vorm die grondslag van môre se geskiedenis.
U bydrae kan keer
dat hierdie erfenis vir ewig verlore gaan.