Hannes Viljoen
Hannes
Viljoen het in 1943 begin om konsertinas te herstel en het
later eiehanding 'n nuwe blaasbalk daarvoor gemaak.

In 1972 het hy patentregte uitgeneem op verbeteringe
aan die Wheatstone meganisme en het sedertdien ongeveer vyftig
konsertinas vervaardig. Hulle was ses, agt en twaalf-kantig en
in 'n verskeidenheid van kleure waarvan die rooi en groen modelle
die gewildste was. Die groen konsertina hieronder is in 1971 gebore
en die rooi instrument in 1973.
Musikante wat hierdie instumente besit
verkies hulle bo enige ander fabrikate. Hy
het die sleutelbord uitleg effens aangepas vir sy eie speelstyl.
Dit het hom in staat gestel om wysies te komponeer en speel wat
nie op die standaard uitleg moontlik is nie.
Willie van Wyk
Willie is op 26 Januare 1932
in die Pietersburg area gebore. Hy wou altyd die konsertina bespeel
het besluit om self een te bou.
Hy vervaardig al die komponente
per hand en fokus op die 40-sleutel Anglo-Chromaties modelle.
Hier onder is die heel eerste konsertina wat hy gebou het.
Hier is voorbeelde van Willie
se vakmanskap.
Vir
verdere besonderhede kan hy direk gekontak word.
|
Willie van Wyk
|
012-802-1104 of 082-623-6432
|
Boerekonsertinas
'n Groot tekort aan Boerekonsertinas na
die val van Oos-Duitsland het tot gevolg gehad dat Danie Labuschagne
en Stephaan van Zyl 'n Boerekonsertina begin vervaardig het.

Danie Labuschagne met die eerste tien-kantige prototipe
Die kwaliteit is heelwat beter as die tradisionele
Oos-Duitse instrumente en leer word in die vervaardiging van die
boeke gebruik.

Die kleur en styl kan deur die koper uit 'n verskeidenheid
gekies word of uniek voorgeskryf word
Skakel
gerus om een van hierdie konsertinas te bekom:
| Danie
Labuschagne |
012-379-2904
of 072-155-2696 |
| Stephaan
van Zyl |
082-777-0124 |