Die oorsprong van boeremusiek is soos 'n druiwerank
met verstrengelde wortels en die ontwikkeling daarvan moet uit
die geskiedenis en mites gedistilleer word. Die vroegste geskrifte
bevat geen verwysing na die term "Boeremusiek" of "Boereorkes"
nie. Dit is derhalwe nodig om te soek vir lydrade wat verwys na
ligte, opgewekte, informele dansmusiek en nie formele of klassieke
musiek nie.
Daarvoor moet ons die leidrade tot musiek,
dans en sang gewoontes deur die geskiedenis volg om die aanvang
van Boeremusiek te bepaal en hoe dit ontwikkel het.
Boeremusiek is hoofsaaklik Europees in oorsprong
en dit is wanindruk dat dit na Suid-Afrike gebring is deur die
vroeë setlaars. Meeste hiervan is redelik onlangs ingevoer
maar het 'n unkieke geur ontwikkel en het hier in gebruik gebly
lank nadat dit in die buiteland uit die mode gegaan het.
Wanneer 'n sekere dans in Europa of elders
gewild geraak het was dit nie lank voor dit aan die Kaap bekend
gestel is deur Militêre orkeste van die Britse ryk nie.
Hierdie musikante het in hul vrye tyd by partytjies, troues en
ander sosiale geleenthede opgetree. Daar was dansmeesters wat
die nuutste danse aan die plaaslike bevolking geleer het en van
daar het dit verder deur die land versprei.
Die musiek het 'n lokale geur en karakter in
die proses verkry. 'n Groot volume van Boeremusiek is derhalwe
deur lokale musikante gekomponeer en dit is steeds die geval vandag.
Bewys hiervan is musiekonderwysers wat plaaslike
wysies opgeteken het. Die eerste persoon om dit te doen was Charles
Etienne Boniface (1787-1853) wat in Februarie 1807 aan die Kaap
aangekom het.
[Hierdie is 'n kort uitreksel uit die boek
deur Wilhelm Shultz, "Die ontstaan en ontwikkeling van Boeremusiek"]