'n Verskeidenheid van instrumente word
in Tradisionele Boeremusiek gebruik. Die instrumente wat hier
genoem word verteenwoordig 'n kort opsomming. Die samestelling
van instrumente wissel van orkes tot orkes. Die instrument samestelling
van 'n spesifieke orkes verander ook soms per geleentheid wanneer
musikante gedurende die optrede van instrument verwissel. Meer
inligting oor spesifieke kombinasies van instrumente in orkeste
word vervat in Biografiese
Inligting.
Konsertinas
Die konsertina is meestal
die hoofinstrument in 'n Boereorkes. Die Afrikaanse volksname
vir konsertinas verdeel die instrument in twee breë kategorieë
nl. "Engelse konsertinas" en "Boerekonsertinas".
Die onderskeid word gemaak op grond van die konstruksie tegniek
en fisiese voorkoms van die instrument asook die aard van die
klank wat dit voortbring.
|
Engelsekonsertina
|
Boerekonsertina
|
|
|
|
|
|
|
Engelse Konsertina
Die klassifisering slegs op grond van voorkoms
veroorsaak verwarring omdat die internasionale benaming van konsertinas
die klassifisering op grond van die knoppie uitleg doen. Instrumente
wat op die oog af dieselfde fisiese voorkoms het kan radikaal
van mekaar verkil.
Die konstruksie tegniek van
Engelse konsertinas gebruik 'n radiale toonkamer uitleg om die
fluitjies te huisves.
|
Toonkamer en fluitjies
|
Knoppie aksie
|
 |
 |
Daar is verskillende knoppie rangskikkings en die noot wat voortgebring
word kan wissel wanneer die instrument gedruk of getrek word.
Elkeen het oor die jare ontwikkel tot 'n spesifieke styl binne
boeremusiek en hier volg 'n paar voorbeelde.
Boerekonsertina
Die instrumente wat
onder die vaandel van Boerekonsertina vervat word verskil dramaties
itv voorkoms, groote, konstruksie metode, en klank. Die sleutelbord
patroon stem ooreen met 'n 2-ry engelse konsertina soos hierbo
genoem met die uitsondering van een bas noot. Die kante is meestal
hout en soms helderkleurig. Die krulpatroon wat kenmerkend is
van Engelse konsertinas is afwesig. In sommige modelle word die
kante asook die boeke versier met 'n papier patroon en gepoleerde
chroom of geelkoper drukstukke.
Die klank word voortgebring
deur twee of drie fluitjies per noot. Vroeër was bekende
vervaardigers "Sholer" en "Galotta" uit die
Oos-Duitse Demokratiese republiek. "Bastari", van Italiaanse
oorsprong, val ook in hierdie kategorie alhoewel sommige aangekoop
word met sekere note omgeruil (Samedrukking van die boeke produseer
'n noot wat in die standaard uitleg deur 'n trek aksie voortgebring
word.) Die orkes van Willie Nelson maak van 'n Bastari boerekonsertina
gebruik. Ander vervaardigers is "Gallotone", "Wizzard"
en Suid-Afrikaanse
konsertina vervaardigers.
| Die aksie van 'n boerekonsertina word normaalweg
van hout vervaardig en is glad nie kompleks nie. |
 |
| Die fluitjieplaat van 'n boerekonsertina is
meestal in 'n ry en bevat twee of drie fluitjies per noot
wat tesame en gelyktydig die klank produseer. |
 |
| 'n Bastari Boerekonsertina het 'n fluitjie uitleg
soortgelyk aan hierbo genoem. Die aksie is meestal metaal. |
 |
| Versiering van die kante en boeke |
|
Besoek asseblief die leer
speel bladsy vir meer besonderhede oor die verskillende uitleg
tipes.
Kitaar
Die ritme kitaar vorm die grondslag
van begeleiding en 'n boereorkes sonder ten minste een kitaar
is ondenkbaar. Die aanslag is sterk ritmies en kan soms die melodie
aanvul. Wanneer die kitaar as hoof instrument aangewend word is
die karakter steeds onmiskenbaar as Boeremusiek met ritme begeleiding.
Kitaar
voorbeeld
Banjo
Net soos met die kitaar word
die banjo as ritme instrument sowel as hoof instrument aangewend.
Die Ukulele het die voorkoms van 'n banjo en is heelwat kleiner.
Trekklavier
Die trekklavier sowel as die
knoppies akkordeon was vir 'n lang tyd in 'n mindere mate in boeremusiek
aangewend. Daar is deesdae 'n herlewing onder musikante met hierdie
instrument.
Piano Accordions as well as Button Accordions
and Button Harmonicas are mostly used for accompaniment. There
are also bands that feature them as the lead instrument.
Traporrel en klavier
Die traporrel en klavier word deesdae meestal
vir begeleiding aangewend. Tant Bettie Ferns en Chris
Buys en Ben Bester het bekendheid verwerf met die traporrel.
Tant
Carolina Leeson het traporrel sowel as klavier bespeel. Jim
Muller was 'n leidende eksponent van die klavier.
Bas Instrumente
Die basviool, tjello en akoesties baskitaar
word vir bas agtergrond aangewend.

Akoestiese Baskitaar

Tjello
Mondfluit
Die mondfluit word beide as hoof instrument
sowel as begeleiding aangewend.

Hannes Buitendag met sy mondfluit
Ander Instrumente
Alhoewel die bandoneon nie bekend is in Suid-Afrika
nie is daar wel sulke instrumente te vinde.