Meneer J.H. Visser van Milnerton, Kaapstad, het ons met baie
goeie inligting - net soos in die geval van oom Jan Visser - gehelp.
Hy het talle navrae gemaak en kon daarin slaag om met van die
oud-orkeslede te gesels. Ons is ook baie dank aan hom verskuldig
vir die mooi fotos wat hy gestuur het.
U sal merk dat die spelers in hierdie orkes gewissel het tussen
die jare 1940 en 1945. Dis natuurlik 'n bekende feit dat spelers
maar gedurig van orkes verwissel as gevolg van velerlei omstandighede.
Mnr. C.J. Driescher was 'n kraandrywer by die spoorweë en
het op Ysterplaat, Kaapstad, gewoon. Hy het as kitaarspeler en
sanger opgetree en was ook die bestuurder van die orkes. Hy is
al 'n paar jaar gelede oorlede.
Louis Johannes Fourie is op 26 Mei 1898, in Caledon gebore en
het ook by die spoorweë gewerk. Hy het die basviool en kitaar
bespeel. Hy is op 2 Mei 1971, oorlede.
Mynie Reyes, die welbekende vioolspeler, was ook lid van hierdie
beroemde orkes. Hy word in 'n afsonderlike hoofstuk bespreek.
Herman
Carl (Harry) Bartz is op 19 Junie 1916, in Woodstock gebore
en was vir baie jare in diens van die poswese. Hy speel konsertina
en sy leermeester was die legendariese Boy Solomon. Laasgenoemde
was die leier van die Voortrekker Danskwartet. Harry is 'n buitengewone
goeie speler en kenners dink baie van sy musiek.
Gene Prestwich is op 24 Augustus 1914 gebore en bespeel die klavier,
trekklavier en saksofoon sedert sy vyftiende jaar.
Johan (Joe) Fourie is reeds ses en sestig jaar oud en het die
kitaar bespeel.
Hendrik Johannes Swanepoel is op 3 Februarie 1919, op Riversdal
gebore en was in diens van die spoorweë. Hy het die banjo,
kitaar en mondfluitjie bespeel.
Ander musikante wat ook dikwels saam met hierdie orkes opgetree
het, is: P. Muller, P.L. de Bruyn, C. Muller, W. Muller en A.
Geldenhuys.
Tydens 'n boere-orkeskompetisie wat gedurende die veertigerjare
deur die SAUK van Kaapstad gereël is, het die Welkom Orkes
met die louere weggestap. Volgens koerantknipsels was daar ses
orkeste wat deelgeneem het, naamlik: