
Agter: C. Breytenbach, C van der Merwe en D. Rossow
Voor: J. Langeveldt en Dr Leon Ferreira
[Foto: Kopiereg - Die Volksblad]
Op hierdie stadium bestaan die Vrystaat Boereorkes uit:
| Dr. Leon Ferreira |
: Konsertina (leier) |
| Callie Breytenbach |
: Melodie kitaar |
| Danie Rossouw |
: Ritme kitaar |
| Callie van der Merwe |
: Viool en Baskitaar |
| Piet Cloete |
: Trekklavier |
| Wentzel Maasdorp |
: Banjo |
| Willie Nel |
: Tromme |
In 'n poging om Boeremusiek in die Vrystaat te laat oplewe, het
Dr. IL Ferreira reeds in 1980 met 'n Boereorkes in Bloemfontein
begin. Aanvanklik het hulle by tehuise vir bejaardes op getree,
maar mettertyd, soos wat die orkes se vaardigheid begin toeneem
het, het hulle terrein verbreed.
Hulle doelmerk was om kinders te bereik daarom het hulle al hoe
meer by gemeente-konserte en basare begin speel. Willie Nel is
met skrywe hiervan in 1988 'n skoolseun in st. 8 en bewys van
die kentering wat reeds onder die jeug plaasgevind het. Skoolkinders
stel al hoe meer belang en pak die orkes toe waar hulle by skole
optree. Daar is selfs in 1983 'n orkessie gestig by die Höerskool
Sand du Plessis in Hospitaalpark, Bloemfontein. Die musiekonderwyseres,
mev. van Wyk van destyds, se ywer het baie bygedra tot die totstand-koming
van die orkes en sy suksesvolle optredes.
Hulle het ook by volkspelesaamtrekke opgetree, soos by die laer
van die UOVS, asook ander kultuurorganisasies van die plaaslike
universiteit. Hulle het ook konserte die landelike gebiede van
die Vrystaat, soos bv. Theunissen, gereël. Optredes by troues
en danse is minimaal en slegs wanneer dit 'n sterk kultuurkarakter
het omdat hulle glo dat gesonde Boereplesier en -dans 'n terapie
en deel van ons gevestigde kultuur is.
Sedert 1984 is hulle betrokke by oudisies vir TV-kompetisies
en radio-optrede. Alhoewel hulle nog nie die groenlig vir TV-kompetisies
ontvang het nie, maak hulle sedert die begin van 1988 gereeld
opnames vir Radio Oranje, meer spesifiek André Groenewald
se program Oos-Wes-Tuis-Bes
op 'n Saterdagaand. Vanweë die feit dat die orkes aanvanklik
meer diens van barmhartigheid verrig ontvang hulle slegs donasies.
Die orkeslede wissel en groot eer en waardering word uitgespreek
vir dié manne wat oor die afgelope nege jaar hulle dienste
in die verband gelewer het: oom Jan Taljaard en Pierre Taljaard
van Hospitaalpark vir onderskeidelik hulle kitaar- en banjobydraes.
Onvergeetlik oom Gerrie van Rooyen van Aandrus in Bloemfontein
wat op ouderdom 75 nog orkeslid was. Hy was 'n meester met die
mandolien, viool en hawaiïse kitaar. Hy het ons ongelukkig
reeds deur die dood ontval. Daar is manne soos Demetri Griessel,
Hennie Rheeder, Hannes en Nico Wepener, Flippie du Bruyn (konsertina),
Jan Groenewald en Boetie Nel (trekklavier), Jan Langeveldt (banjo),
Japie Louw en Cliffie Botes (baskitaar), wat almal 'n belangrike
bydrae gemaak het om die Vrystaat Boereorkes op te bou. Jan Langeveldt
is die broer van Nico Langeveldt en is besig om met vriende nog
'n Boereorkes in Bloemfontein op die been te kry.

Vlnr: Hannes Wepener, Nico Wepener, Callie Breytenbach, Gerrie
van Rooyen (viool), Pierre Taljaard en Leon Ferreira