Hierdie groep het bestaan uit:
| Aap Greyling |
: Konsertina |
| Willie Redcliffe |
: Banjo |
| Piet Joubert |
: Kitaar |
| Koos Joubert |
: Kitaar |
Piet en Koos Joubert, wat kitaar gespeel het, was 'n tweeling
en ons was baie gelukkig om 'n foto van laasgenoernde twee in
die hande te kry.
Die Vier Staatrnakers het die volgende plate gernaak:
Die Staatmaker Polka
Suikerbek seties |
GE 212 |
Die Rooi seties
Vergeet my nie seties |
GE 213 |
Die Soebat wals
Lekkerstap seties |
GE 214 |
Die konsertina- en banjospeler is reeds lankal oorlede maar die
tweeling is nog sterk en gesond. Ons het 'n brief van Piet ontvang.
Hy boer met pynappels in die Hluhluwedistrik, en hy en sy tweelingbroer
speel nog gesellig wanneer hulle bymekaar uitkom. Hulle staan
ook al oukant toe, want hulle is op 6 Mei 1909, gebore.
Hierdie groepie het destyds in die Delmasomgewing gewoon en was
welbekend daar, want hulle het baie by vermaaklikheidsplekke opgetree.