Nadat die Vyf Vastrappers ontbind het, het Carolina Leeson weer
'n ander orkes gestig, met die naam van die Plesier Speelers.
[foto kopiereg voorbehou]
Die Plesier Speelers was:
| Chrisjan Harmse |
: Konsertina |
| Fanie Ferriera |
: Kitaar |
| Carolina Leeson |
: Klavier |
| Christopher John (Stol)
Leeson |
: Banjo |
Fanie Ferreira was Carolina se broer. Chris Harmse was 'n baie
toegewyde speler en het dikwels by Carolina en Stol aan huis kom
oefen. Hy het by 'n bakkery gewerk en was maar sewentien jaar
toe hulle die volgende plate gemaak het:
Riempies-polka
Botley mazurka
|
Columbia
AE 547 |
| Word jou goue hare silwer |
Columbia AE
598 |
Carolina vertel dat sy Chris 'n paar dae voor
sy dood gesien het. Hy het haar onverwags besoek nadat hulle
vir jare nie met mekaar in verbinding was nie. Sy deel mee dat
dit 'n baie aangename besoek was, want hulle kon al te lekker
oor die goeie oue dae gesels.

vlnr. Jasper Vlok, Carolina Leeson, Dr. Ed Retief
(foto verskaf deur Ed Retief)