Hierdie groepie was baie gewild en die bekende Dawid de Lange het dikwels,
tydens plaatopnames, as sanger saam met hulle opgetree. Ons was
aangenaam verras toe meneer Chris Kruger, die enigste oorlewende
lid van hierdie orkes, ons met hierdie waardevolle inligting gehelp
het.
Christiaan Jacobus Phillippus Kruger is op 26 June 1910, op Cookhouse
gebore. Hy het op die spoorweë gewerk as laaimeester, en
was vir baie jare op Germiston gestasioneer. Sy twee broers, Jan
en Willie het ook op Germiston by die spoorweë gewerk en
dis daar waar hulle vir Jan Marais, die konsertinaspeler, ontmoet
het.
Laasgenoemde was ook aan die spoorweë verbonde. Hulle het
begin musiek maak en die orkes was soos volg saamgestel:
| Jan Marais |
: Konsertina |
| Jan Kruger |
: Kitaar |
| Chris Kruger |
: Kitaar |
| Willie (Baby) Kruger |
: Banjo |
Baby was ook 'n sanger en het ook dikwels saam met Dawid de Lange
opgetree.
Chris vertel dat hy en Jan Marais later swaers geword het. Hulle
is met twee susters getroud.
Jan het eers met 'n tweery Engelsekonsertina gespeel maar het
later 'n driery aangeskaf. Hulle het dikwels op danse, konserte
en bruilofte opgetree en het eenmaal 'n boere-orkeskompetisie
in Springs se stadsaal gewen. Daar was baie ander bekende orkeste
wat deelgeneem het, maar hierdie groepie het met die louere weggestap!
Hier volg 'n lys van hulle bekendste plate:
Wattles wals
Hessie se witperd |
GE 251 |
Huistoe-gaan vastrap
Op die keersy tree 'n ander orkes op |
GE 278 |
Tannie moet nou ja se
Op die keersy tree 'n ander orkes op |
GE 290 |
By die turksvye settees
Wapad vastrap |
GE 269 |
Chris vertel dat Hessie se witperd baie gewild was en dat dit
ook goed verkoop het. Ons stem saam, want dit word vandag nog
dikwels deur boere-orkeste gespeel.
Chris woon vandag nog in Germiston se omgewing waar hy vir baie
jare gewerk en musiek gemaak het. Mooi herinneringe uit sy musiekloopbaan
sal hom seker altyd bybly. Dankie, Chris, vir jou en jou orkes
se besondere bydrae.