Oom Willie Palm was die leier van hierdie groepie baanbrekers.
Hy is in 1894 in Ficksburg gebore. Hy was nog maar 'n kind toe
sy ouers na Boksburg verhuis het. Oom Willie het sy skoolloopbaan
dan ook hier in die Transvaal begin en klaargemaak. Op 17-jarige
leeftyd het hy met die musiekinstrumente begin en kort voor lank
kon hy die konsertina, kitaar, huisorrel en basviool speel.
Op 22-jarige ouderdom is hy met Tant Lettie getroud. Sy was ook
'n uitstekende musikant en was veral vaardig met die kitaar en
klavier. Sy kon ook 'n paar goeie stukkies op die konsertina speel!
Hierdie twee het pragtig gekombineer en later is hulle bekende
orkes, naamlik die Vier Hugenote, gestig.
Die Vier Hugenote het uit die volgende spelers bestaan:
| Willie Palm (leier) |
: Konsertina |
| Lettie Palm |
: Klavier |
| Pietie Vermaak |
: Kitaar |
| Alec Vermaak |
: Kitaar |
|
|
In die vroeë dertigerjare het die orkes hierdie klompie waardevolle
plate gemaak:
|
Bruilof Settees
Dag en Nag wals
|
His Master's Voice GX 12 |
Op Laas polka
Lettie se wals |
His Master's Voice GX 21 |
Jemkoek-polka
Piet se wals |
His Master's Voice GX 26 |
Mampoer polka
Boere-wals |
His Master's Voice GX 32 |
Willis - Mazurka
Kom ons dans - settees |
His Master's Voice GX 39 |
Vergeet nie-wals
Annie ruik na gom - settees |
His Master's Voice GX 46
|
Oom Koos se - mazurka
|
His Master's Voice GX 51 |
Ou Tyd-settees
Bablas-polka |
His Master's Voice GX 52 |
Tant Siena - settees
Lekker-polka
|
His Master's Voice GX 58 |
U sal merk dat op GX 51 net een van hierdie orkes se nommers
opgeneem is, want op die keersy is Bobbejaan klim die Berg van
die Ses Hartbrekers.
Die pragtige Lettie se wals het oom Willie ook na sy vrou vernoem.
Hierdie wals word vandag nog dikwels deur ons hedendaagse musikante
uitgevoer. 'n Ander bekende nommer van hom, Mampoer polka, is
verwerk en word nou die Kliprivier polka genoem.
Die plaat GX 39 het nooit in Suid-Afrika op plaat verskyn nie.
Ons versamelaars het al die His Master's Voice-plate se reeksnommers
nagegaan en toe tot ons onsteltenis ontdek dat 'n paar van die
reeksnommers in niemand se besit is nie! Ons het herwaarts en
derwaarts gesoek, koppe bymekaargesit maar sonder enige sukses.
Lourens Aucamp het weer eens tot ons redding gekom toe hy vasgestel
het dat die oorspronklike opnames nog by His Master's Voice se
kantore in Londen is! Dit is 'n wonderlike voorreg om na bykans
70 jaar hierdie "ou" nommers vir die eerste keer "splinternuut"
te kon hoor. Daar is vasgestel dat daar nog twee opnames van Die
Vier Springbokke en twee opnames van Die Vyf Dagbrekers ook is.
Gelukkig het oom Willie en tant Lettie in hulle goue herfsjare
vir ons 'n pragtige langspeler, Die
Vier Hugenote Speel Weer, nagelaat. Albei die Vermaaks
was toe ongelukkig reeds dood maar die opname is nogtans baie
goed.

Willie en Lettie Palm
Op hierdie plaat verskyn die volgende nommertjies:
|
Kant 1
|
Kant 2
|
| Sampie se polka |
Gwen se polka |
| Hennie se settees |
Willie se wals |
| Oom Palm se wals |
Outydse-tweestap |
| Outydse Lanser |
Lettie se wals |
| Pietie se wals |
Baandans |
| Rooirokkie-vastrap |
Willie se mazurka |
| Boerewals |
Mampoer polka |