Die leier van hierdie briljante groep musikante, was Johannes Petrus
(Silver) de Lange. Die Vyf Dagbrekers het uit die volgende spelers
bestaan:
Al die plate van hierdie orkes is opgespoor, en weer op pragtige
nuwe langspelers en CD vasgelê.
Hier volg 'n volledige lys van hierdie orkes se plate:
Verloof wals
Witwortel-Polka |
His Master's Voice GX 7 |
Het jy my nog lief? - wals
Tant Trys-polka |
His Master's Voice GX 8 |
Militaire twee-Pas- vastrap
Tant Sara-polka |
His Master's Voice GX 17 |
Ek het jou lief-wals
Mooi rooi bekkie-polka |
His Master's Voice GX 18 |
Kom laat ons dans - vastrap
Dik Anna-polka |
His Master's Voice GX 19 |
Jy breek my hart - wals
(Deel 1)
Jy breek my hart - wals (Deel 2) |
His Master's Voice GX 24 |
Hoe ry die trein - polka
Dink aan my - mazurka |
His Master's Voice GX 29 |
Een druk en een soen - vastrap
Spaanse wals |
His Master's Voice GX 36 |
Ek sal jou betaal-setees
Moenie so maak nie - polka |
His Master's Voice GX 37 |
Ek verlang na jou - wals
Ou kieriebout-polka |
His Master's Voice GX 43 |
Mielieblare-setees
Warmpatat |
His Master's Voice GX 44 |
Eendag kom jy weer terug
- wals
Die hele nagdeur - vastrap |
His Master's Voice GX49 |
Ver in die Vrystaat by jou
- wals
Ruk en pluk-vastrap |
His Master's Voice GX 50 |
Hoekom het jy my laat staan?
- wals
Dierbaar is jy - vastrap |
His Master's Voice GX 56 |
Vir altyd by jou - vastrap
Seleksies van polkas |
His Master's Voice GX 30 |
Laasgenoemde is egter nooit vrygestel nie. Vir nadere besonderhede
kyk asseblief die hoofstuk oor die Vier Hugenote.
Die pragtige plaat, MilitaireTwee-Pas, was amper verlore. 'n Plaat
met 'n yslike hap uit was aanvanklik die enigste weergawe waarvan
bewus was. Later is 'n plaat ontdek wat in so uiters baie swak
toestand was dat dit met tegnieke van die dag nie herwinbaar was
nie. Danie Labuschagne, Mnr. Plato Michael van Michael se plaat-opnamediens
en Stephaan van Zyl het hierdie wysie op meesterlike wyse vir
ons herwin. Hulle het vasgestel dat net 50 sekondes speelbaar
is. Hierdie speelbare gedeelte is uitmekaar getrek en daarna weer
stukkie vir stukkie aanmekaar gelas sodat die begin en al die
variasies wonderbaarlik behoue gebly het. Dit het hierdie drie
mans veertig uur geneem om net hierdie één nommer
te red. Ons is baie dankbaar vir die moeite van hierdie drie getroue
mense. Alhoewel die werk aan hierdie album soms bra moeilik was,
was die opwinding daaraan verbonde baie groot. Dit oortref die
moeilike taak by verre, want so af en toe het 'n mens groot ontdekkings
gemaak.
Bobby
Pennells het homself geleer banjo speel, maar sê ook
sommer dadelik dat Silver hom die meeste gehelp het. Hy word werklik
liries wanneer hy oor Silver begin, gesels. Hy sê dat hierdie
man vandagse konsertinaspelers ook onder die stof sou kon speel!
Hy deel verder mee dat Silver 'n perfeksionis was. As 'n kitaar
of banjo nie suiwer ingestel was nie kon hy baie moeilik word,
en as 'n speler verkeerde akkoorde speel, of tyd verloor, het
hy sommer sy konsertina toegevou en 'n draai gaan loop. Hy het
graag sy manne met raad en daad bygestaan, maar dan moes hulle
werklik probeer het om net hulle beste te lewer. Hy het nie van
brouwerk of 'n afskepery gehou nie. Net die beste was goed genoeg
vir hom. As hy lekker gespeel het, was sy oë altyd toe en
'n groot glimlag het op sy gesig verskyn. Die manne het dan geweet
dat hy tevrede was met hulle begeleiding.

Lourens Aucamp (links) oorhandig ere-lidmaatskap aan
Bobby Pennells (regs) vir sy bydrae tot die Vyf Dagbrekers
[Foto kopiereg voorbehou]
Dis te danke aan Chris Blignaut se liefde vir sy eie dat hy baie
orkeste van daardie jare, Die Vyf Dagbrekers ingesluit, oorreed
het om plaatopnames te maak. Chris het glo al die nodige reëlings
by die betrokke plaatmaatskappy getref en die orkeste die nodige
aanmoediging gegee en touwys gemaak met die prosedure tydens die
opnames. Dis ook Chris wat die name aan die verskillende orkeste
gegee het. (Kyk asseblief die hoofstuk oor die Ses Hartbrekers.)
Boeremusiekliefhebbers, ons is opreg bly dat ons op die 1ste Oktober
1985, 'n gedenksteen
vir Silver de Lange kon oprig en sodoende 'n klein bydrae
kon lewer om te verhoed dat die Vyf Dagbrekers nie in die vergetelheid
sal verdwyn nie.