
Piet Visser is op Aurora in die sandveld
gebore en het sy Hoërskool loopbaan daar voltooi.
Sy belangstelling het al van kleins af begin
en dit is geen wonder nie want daar is welbekende musikante
aan albei kante van sy familie. Sy pa het kitaar en bekfluitjie
gespeel en sy oupa (aan sy pa se kant) het konsertina gespeel.
Sy oupa aan sy ma se kant het ook bekfluitjie gespeel. Oom Japie
Laubscher was sy oupa aan sy ma se kant se neef en die bekende
oom
Jan Visser was sy ander oupa se neef.
Piet het al op 10 jarige ouderdom begin musiek maak deur kitaar
en bekfluitjie te speel. Op 15 het hy die konsertina aan gepak
op die tradisionele styl. Hy en sy broer moes eendag vir die
oumense gaan speel het, maar het nog nie so baie liedjies op
daardie stadium geken nie. Hulle het maar Suikerbossie
vir amper 'n halfuur aanmekaar gespeel en die oumense het lekker
vir hulle gelag.
Vandag, na byna 23 jaar, bespeel hy die engelsekonsertina,
boerekonsertina, kitaar, banjo en baskitaar. Hy het sy sy eie
orkes nl. VAT 5 en hulle speel gereeld by danse, troues en verjaarsdae.
Die orkeslede is as volg:
| Piet Visser |
: Konsertina |
| Rita Bester |
: Kitaar |
| Wehan Bester |
: Kitaar |
| Wessel Germishuizen |
: Banjo |
| Piet Bester |
: Baskitaar |
Wehan Bester is Rita se kleinkind en Piet Bester is haar seun.

Die VAT 5 Boereorkes tydens 'n kompetisie in Bredasdorp, Oktober
2008
vlnr. Rita Bester, Wehan Bester, Piet Visser, Wessel Germishuizen
(Piet Bester was afwesig)
Hulle eerste opnames het in 2008 die lig gesien. Die CD heet
Allawêreld en is baie gewild.
Piet het hom as Wapen Instrukteur en Assessor bekwaam en is
tans woonagtig in Kraaifontein, Kaapstad.