
Morné het sy skoolloopbaan by Laerskool Leondale in
Germiston begin en in 1993 by die Afrikaanse Hoërskool
Germiston voltooi. Hy woon tans in Stellenbosch en het in 2007
die konsertina bemeester onder die bewame leiding van Fanie
le Roux. Daarna het hy die viool aangepak en sy leermeester
was Charles Mostert. Morné hou baie van die styl van
Rassie Erasmus, Dirk Laas en Corrie Nortjé.
Morné het 'n orkes begin nl. Die Vier Stellenboyz. Die
orkes lede is as volg:
| Morné Goosen |
: Konsertina |
| André Labuschagne |
: Kitaar |
| Charles Mostert |
: Viool |
| Abraham van der Berg |
: Kontrabas |

Die Vier Stellenboyz
vlnr: Abraham van der Berg, Charles Mosterd, Morné Goosen,
André Labuschagne
[Foto kopiereg voorbehou]
Die orkes fokus op musiekkonstruksie en poog om moderne harmonië
baie verder te neem deur weer akoestiese instrumente ordentlik
te gebruik. Hulle het die rol van instrumente hersien en sodoende
'n nuwe klank en gevoel tot stand gebring wat weer aanvaarbaar
is vir jong mense. Hulle is 'n ware boeremusiek kwartet!
Hierdie orkes het in verskeie landswye kompetisies deelgeneem
en heelwat pryse gewen vir samepel. Morné het ook pryse
gewen as beste konsertina speler asook beste instrumentalis
met die viool.

[foto: kopiereg voorbehou]
Die
Vier Stellenboyz tydens die Kaapstad takkompetisie, 31 Mei 2008