Oom Gertjie is op 30 Oktober 1890, in die Kaapprovinsie gebore.
Hy het daar in Oudsthoorn se wêreld grootgeword en het
sommer van kleins af met die boerekonsertina deurmekaar geraak.
Hy het lank daar geboer en is later na Bethlehem in die OVS.
Vandaar is hy na Reitz waar hy ook geboer het. Hy het later
selfs 'n draai in Suidwes gemaak en het uiteindelik op 'n klein
plasie naby Johannesburg gaan aftree.
Oom Gertjie was al redelik oud toe 'n platemaatskappy hom omgepraat
het om plate te maak. Hy het die volgende 78-spoedplate gemaak:
My Golfies polka
Die Deurstoot settees |
JV 118 |
Eenskaarploeg settees
Rekbek wals |
JV 136 |
Wegloper vastrap
Afsê wals |
JV 146 |
Hy het ook die volgende langspeelplate gemaak:
1 . Oom Gertjie speel. Die nommers hierop is die volgende:
|
Kant 1
|
Kant 2
|
Eenskaarploeg settees
Oom Gertjie se mazurka
Willie Bovlei
Rekbek wals |
Melktert
Wapad wals
Transport settees
Touleier wals |
Op hierdie plaat is hy begelei deur die bekende Chris du Toit.
2. Die volgende langspeelplaat waarin hy opgetree het se titel
is Die Twee Ooms. Hier
het hy en oom Hendrik Lotter om die beurt konsertina gespeel.