Chris was die leier van Buys se Kêrels en het die traporreltjie
(harmonium) sommer gesellig laat praat! Ek dink sy Kolonie
wals en Kliprivier polka is aan alle boeremusiek-
liefhebbers bekend. Chris is deur Hans Buys (kitaar) en Joe
Mathee (banjo) begelei.

Chris Buys by Kliprivier
Chris Buys is op 31 Desember 1905 in Dordrecht gebore en sê
dat hy baie lief is vir die ou Kaapland, en daarom is sy pragtige
wals ook die Kolonie wals genoem.
Hier volg 'n lys van die plate wat hy by Columbia gemaak
het:
| Jonkmans se wals |
AE 530 |
| Loop deur na Sonop seties |
|
| Kolonie wals |
AE 552 |
| Kliprivier polka |
|
| Môrester polka |
AE 581 |
| Die Böeland seties |
|
Chris Buys kort voor die opnames gemaak is

Dr Ed Retief en Chris Buys met 'n langspeelplaat van oorspronklike
opnames

Joe Mathee
Tydens die Algemene jaarvergadering van die TBK in 1987 was oom
Chris bykans 82. Hy en sy eggenote was op 29 September 1987 reeds
62 jaar getroud en lewe steeds gelukkig saam. Hy is tot erelid
van die TBK verkies en toe die voorsitter die aankondiging gemaak
het was dit 'n plegtige en aandoenlike oomblik vir al die teenwoordiges.
Van hulle musiek is in die agtergrond gespeel tydens die oorhandiging
en die toejuiging was oorweldigend.

vlnr: Piet Bester, Carolina Leeson, Chris Buys en sy eggenote
tydens die AJV van die TBK in 1987

Chris Buys met die pragtige horlosie wat die TBK aan hom geskenk
het toe hy erelid geword het
|