Biografiese inligting oor orkeste en musikante kom hoofsaaklik
uit die Boeremusiek Gedenkalbums deur Piet Bester. Die eerste
hiervan het in 1997 die lig gesien en is al 'n geruime tyd uit
druk.
Die inhoud word hier in elektroniese formaat aangebied om die inligting
aan 'n nuwe generasie bekend te stel.
U word uitgenooi om nuus of biografiese inligting van persone
en orkeste by te voeg Vandag se algemene kennis en allerdaagse
gebeurenis vorm die grondslag van môre se geskiedenis.
U bydrae kan keer
dat hierdie erfenis vir ewig verlore gaan.