Boeremusiek word hoofsaaklik op gehoor gespeel en derhalwe sonder
bladmusiek of formele onderrig van geslag tot geslag oorgedra.
Verskeie persone het deur die jare heelwat moeite gedoen om
kursusse op te stel. Daar is verskillende metodes wat op knoppie
uitleg of bladmusiek geskoei is.
Sommige komponiste of kunstenaars het hul wysies gepubliseer.
Daar is ook boeremusiek wysies van oorseese oorsprong wat op bladmusiek
vasgelê is.
Enige toevoegings
of navorsing word verwelkom. U bydrae kan keer dat hierdie erfenis
vir ewig verlore gaan.